News Links
 
 
   
   
   
Radio Advertisments
 
 
 
 
     
 
 
Ben Vorster oorheers 7’s
BEELD, JIP – Maandag 28 Januarie 2008
Retha Grobbelaar

Die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen in Limpopo het eergister koning gekraai in die eerste @lantic sewesrugby-toernooi. Hulle het die Hoërskool Oos-Moot van Pretoria in die bekereindstryd met 28-5 oorrompel.
Altesaam 16 skole het aan die toernooi, wat by die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria-Noord gehou is, deelgeneem.
Die toernooi het ’n fees van hardlooprugby opgelewer nadat die nat weer van die afgelope tyd opgeklaar het.
Ben Vorster, wat die gunstelinge was om die toernooi te wen, het heelwat opwinding veroorsaak. Hulle het al hul groepwedstryde maklik gewen.
In die eindstryd het dit eers gelyk asof hulle hul rieme sou styfloop teen Oos-Moot nadat dié span die eerste paar minute van die wedstryd oorheers het.
Hulle het egter nie paniekerig geraak nie en Jacques Burger het ’n pragdrie vanuit sy kwartgebied gedruk.
Die span van Tzaneen het daarna begin oorheers, maar ook heelwat kanse verspeel om meer punte aan te teken.
Net voor halftyd het hul skrumskakel, De Wet Moolenaar, gaan druk.
Ben Vorster het Oos-Moot nie kans gegee om terug te kom nie en net ná die breek het Slang Sibana die span se derde drie gedruk.
De Wet het ook weer agter die doellyn gaan kuier.
Dirk Landman, Ben Vorster se kaptein, het gesê hul spangees is die rede vir hul sukses.
“Ons het gekom om te wen en ons het dit vir mekaar gedoen. Die manne het goed vasgebyt.”
De Wet is boonop as die speler van die toernooi aangewys. Hy is ook die eerste lid van die oefengroep waaruit ’n span gekies sal word wat aan die einde van die jaar in Doebai aan ’n internasionale sewestoernooi sal deelneem.
Volgens De Wet het hy dit glad nie verwag nie.
“Ek het gehoop ek sou dit kry, maar daar was ook heelwat van my spanmaats wat ook ’n kans gestaan het. Ek het die dag baie geniet.”
In die skildeindstyd het die HTS Tuine die Hoërskool Uitsig geklop.
Tuine het net te veel skietgoed vir Montana gehad en het hul eindstryd maklik met 42-7 gewen.
In die plaateindstryd kon Pretoria-Noord geen punte teen die HTS John Vorster aanteken nie. Hulle is met
0-19 verslaan.
Willem Strauss, sportpromotor, het die toernooi as ’n reuse sukses bestempel.
“Die spanne was baie naby aan mekaar. ’n Mens kan sien die skole neem sewesrugby beslis meer ernstig op. Ek was baie beïndruk met die ouens se vaardighede. Dinge lyk reeds veel beter as verlede jaar.”
Die volgende @lantic toernooi vind op 9 Februarie in Bethlehem plaas.

 


  More @lantic News
-
7’s Journal Program
-
Winning of our DigitalLife Expo competition
-
Ongeslypte diamante op platteland ontdek
-
Harmony win consecutive @lantic Tournaments
-
@lantic 7's moves to Western Cape
-
@lantic 7's Moves to Bloemfontein
-
Ben Vorster oorheers 7’s
-
7's skop af by Gerrit Maritz
-
@lantic Team Wins Competition in Dubai
-
@lantic Schools 7's Series
-
@lantic 7'S Moves to Western Cape
-
Land grab
-
@lantic 7'S Moves to Western Cape
-
@lantic 7'S Moves to Free State
-
Vox Telecom buys ‘ABSA Internet’
-
@lantic 7's Moves to North West
-
Vox – a genuine alternative to Telkom’s fixed-line service
-
@lantic 7's Moves to Limpopo
-
@lantic Schools 7's Series
-
Relaunch as Vox Telecom marks DataPro Group’s evolution as telecom operator
-
DataPro Group-owned @lantic takes the Cape by storm
-
@lantic buys MJVNET
-
SA Rugby Legends, @lantic Internet raise R400,000 for injured school player
-
@lantic Internet sponsors Rugby Legends
@lantic Rewards Franchisees and Resellers
-
@lantic provide FaxOut products
-
@lantic celebrates 10 th birthday
-
@lantic provide 3G/HSDPA wireless
-
@lantic adds 5 000 new customers after DataPro acquisition
-
@lantic adds 5 000 new customers after DataPro acquisition (IT Web)
-
@lantic offers wireless ADSL modems with one free GB of ADSL bandwidth
-
@lantic gives away 'goodies' to Idols winners
 
   
   
   
   
   
   
   
   
   

National Support 086 72 77 333

 
 
A Vox Telecom Limited Company
 
Copyright © Atlantic Internet Services (Pty) Ltd