Van links na Regst: Neil Meyer ( MD, @lantic), Willem Strauss (Bizsport), Paul Treu (SA 7's Afrigter), Darryl Weir (Bizsport) and Dederick Venter ( Bemarkings Bestuurder, @lantic) |
Die 2008 @lantic 7’s reeks skop Saterdag, 26 Januarie by Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria af.
Volgens sportpromoter, Willem Strauss sal die reeks vanjaar uit 16 toernooie bestaan.
"Die laaste toernooi sal ’n kampioen van kampioene toernooi wees wat op 25 Oktober ook in Pretoria sal plaasvind" het Strauss gesê.
Die beste speler by elke toernooi sal genooi word na ’n oefenkamp waarna die @lantic uitnodigingsspan gekies sal word.
Dié span sal die einde van die jaar aan die Dubai 7’s toernooi se amateur kompetisie deelneem. Die Suid-Afrikaanse skoolseuns het verlede jaar hul senior oorsese opponente oorskadu tydens die Dubai toernooi en met rekord tellings gewen.
Een van die skoolseuns wat die @lantic span verteenwoordig het, Danie Poolman van Paul Roos, is reeds in die Springbok 7’s oefengroep opgeneem.
Die deelnemende spanne vir Saterdag is:
Hoërskool Akasia, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool FH Odendaal, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Gerrit Maritz, Hoërskool Hartebeespoort, HTS Tuine, HTS John Vorster, Hoërskool Montana, Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool Pretoria-Noord, Tuine, Hoërskool Uitsig, Hoërskool Wagpos, Hoërskool Die Wilgers en Hoërskool Wonderboom.
Die eerste wedstryd vir Saterdag, 26 Jan begin om 08h30 met die Bekerfinaal wat om 16h30 gespeel word.
Die program vir die eerste vyf toernooie is as volg:
26 Jan Gerrit Martiz (Pretoria)
09 Feb Voortrekker (Bethlehem)
16 Feb Jim Fouche (Bloemfontein)
23 Feb Paul Roos (Stellenbosch)
15 Mar Swellendam (Swellendam)
Die laaste 11 toernooie sal vanaf Julie tot Oktober plaasvind. Bykans 400 skole sal vanjaar aan die reeks deelneem.
|